top of page

"ONCE A YEAR,
GO SOMEPLACE YOU'VE
NEVER BEEN BEFORE."

Dalai Lama

Lees gerus wat ons gaste geskryf het oor hulle ervarings saam met ons op ons toere.

Erna en Chris van der Merwe, Durbanville:

Dankie vir als om hierdie toer vir ons ‘n werklikheid te maak, asook om mense met unieke persoonlikhede saam te snoer as ‘n “familie” wat nostalgies terugdink aan ‘n baie spesiale tyd.

Ons sou verseker nie hierdie toer anders wou gehad het as wat dit  was nie.  Vir ons was elke ervaring uniek en ‘n belewenis!  Van die verblyf tot die uitstappies was in alle opsigte puik!  My persoonlike hoogtepunte was:  ISTANBUL!! DUBROVNIK: Verblyf in Mlini, die muur, ou stad, BOOTRIT!!!, mense, eet ens….., die KOOKKLAS in Trogir, Plitvice, Ljubljana…Postojna grotte, Bled … Ook vir al die vrye tyd wat ons gegun is om ons eie ding te doen.

 

Francois en Petro Heunis:

Elkeen van die plekke waar ons was het sy eie bekoring. Die toer was fantasties. Net lof vir ‘n BAIE lekker tyd.

Debbie Zaayman oor Kroasië en Slovenië:

Ek kan eerlik sê dat dit my verwagtings bevredig het! Vir my was die tyd gespandeer in ou kerke, geskiedenis van eeue gelede, konflikte tussen nasie, gelowe en tradisies, leersaam en n perfekte balans met die fisiese deel van trappe klim, watervalle besoek met die bevredigende saamwees sommige aande,  om die inner mens te voed! Ek het geen voorstelle wat verbetering sou bewerkstellig, nie.

Stephan Theron

Marius, Na ons jou oor RSG hoor praat het, het ons toe gaan kanaalboot ry.

Ons het toe op België besluit en dit baie geniet, my Ma van 81 ook.

Francois & Ingrid Coetzee

Dear Marius & Magda

Thank you so much for organizing & facilitating our first trip to Italy. You saved us so many hours of research & reservations. I had never heard of Cinque Terre before & now we have walked & ‘tasted’ each of the five unique cities. We knew of Tuscany as an area, but now it has villages & history & memories for us. 

Thank you for your warmth toward & interest in each team member. Thank you for going out of your way to accommodate our individual tastes & needs.

Erika Zaaiman, Stilbaai

As ek sê dankie vir ‘n WONDERLIKE toer, dan klink dit glad nie so sterk en oortuigend as wat ek dit bedoel nie!  Saam met julle twee het die toer al my verwagtinge oortref en ek het huis toe gekom met ‘n diepe dankbaarheid en die wete dat ek iets besonders gesien en beleef het.  Ons was ook ‘n “lekker” klomp mense bymekaar!

Die toer was goed beplan en georganiseer.  Julle was elke oomblik bereid om te help of raad te gee (tot oogdruppels ook!).  Wat ek sommer BAIE waardeer het, was die baie vrye tyd.

Ek vertel in elk geval vir almal van julle toere.  Duisendmaal dankie!

Rina Schultz. 

Baie dankie vir die toer.  Ek het dit baie geniet. Dit is so lekker om jou nie hoef te bekommer oor reis en verblyf nie, maar met die minimum probleme net die ervaring te kan geniet. Ek heg die Tien gebooie aan net soos ons dit van Andre Haasbroek ontvang het. Ek weet nie wie die oorspronklike skrywer is nie.

 

The Traveller’s Ten Commandments

  1. Thou shalt not expect to find things as they are at home for thou have left home to find things different.

  2. Thou shalt not take things too seriously, for a carefree mind is the beginning of a carefree holiday.

  3. Thou shalt not let other tourists get on your nerves as we are all here for the same reason and thou art paying good money to enjoy thyself.

  4. Thou must know at all times where thy passport lies, for a man without a passport is a man without a country.

  5. Thou shalt not worry, for he that worrieth, hath no pleasure. Few things are fatal.

  6. Remember that you are a guest in other lands and he that treateth his host with respect shall in turn be respected. To learn to speaketh “please” and “thank you” in thy hosts tongue will make thee thy host’s friend.

  7. Thou shalt not judge the entire people of a country by one person who was a poor host.

  8. Thou shalt remember that to err is human and to forgive divine.

  9. When in Rome, thou shalt be prepared to do as the Romans do.

  10. Thou shouldst remember that if thou were expected to stay in one place, thou would have been created with roots. 

Amanda en Hans Zwarts

Ons het die toer so baie geniet en 'back to reality' het nie lekker op die lyf kom sit nie. Die mense wat ons ontmoet het, het ons lewens so verreik. Sien uit daarna om weer met julle te kuier!

 

Ina en Beyers Cronje

Dit was ons lekkerste toer tot nou toe met die lekkerste groep mense! Baie dankie vir die goed georganiseerde toer. Hoogtepunte was volop, te veel om te noem. Ons sal julle toerprogramme vir die toekoms dophou.

 

Theo en Andrienne Botes

Baie dankie vir ‘n wonderlike toer. Julle reëlings was uit die boeke uit en ons het regtig baie memories gemaak.

 

Anne-Marie Pretorius

Baie baie dankie vir die mooi herhinneringe en al die vriendskappe gesmee,  dit was n ongelooflike toer, Dit was net n ongelooflike vakansie.

 

Riekie Specht 

As ek my oë toemaak ervaar ek weer die pragtige landskappe wat verbyswiep en die gemoedelike atmosfeer tussen die mede Toskaners...... Dankie, dankie vir die onvergeetlike brandhout!!

 

Elna Gibson
Ons wil net BAIE BAIE dankie sê vir ‘n wonderlike vakansie. Ag, ons het elke oomblik so geniet. Toskane was vir ons nog mooier en lekkerder as waarvoor ons gedroom of gehoop het.

 

Petro Bosman 

Marius en Magda ons het al soveel kere gesê hoe heerlik dit was en wil dit maar net weer beaam!  Ek en Daan ken oorsee en toer... MAAR ons ken nie hierdie soort kuier nie!  Ons het waaragtig elke dag sooo geniet!  Lanklaas, indien ooit, soveel gelag.  Dit was vreeslik heerlik! 

 

Susan van der Westhuizen 

Dankie vir julle wonderlike deel van een van ons onvergelyklike ervarings ooit.

Anton Botha 

Ons het die toer terdee geniet, baie meer as wat ek ooit sou kon droom. Julle reelings was puik en goed beplan. Die variasies wat jul aangebied het met kookkursus, wynproe en plekke wat ons besoek het is goed gebalanseer en heerlike ervarings. Ons hoop as tyd dit toelaat weer eendag saam met julle te kan toer.

 

Annemarie Kleynhans 

Die toer saam met julle was een van die hoogtepunte van my lewe. My verjaarsdag daar was sekerlik iets om vir die res van my lewe te onthou.

 

Elsabe Daneel 

Baie baie dankie vir die lieflike Toskaanse toer wat jul vir ons moontlik gemaak het. Ek mis elke oomblik daarvan! Dankie vir al die lekkerte en hartlikheid wat jul tot die toer toegevoeg het. Dit was heerlik om al die besondere toerlede te leer ken.

 

Nico en Norma Grobler, Namibië
Wanneer ons so deur ‘n gewone katalogus blaai - dan lyk alles waarna ons kyk heel vaal en oninteressant nà wat ons saam met julle in die Toskane en op die kanaalboot-vaart ervaar het. Wat ‘n belewenis van natuurskoon, argitektuur, inkopie - mekka, fynste cuisine, maar die beste was die uitgelese geselskap waarin ons kon verkeer! Ons soek wyd, maar kan nie beter vind as wat julle bied!! Tot ons weer toer!


Duvenhages – Kaapstad
Om oorsee te reis  as deel van ‘n toergroep, wil jy graag iemand met Marius se avontuurlus en liefde vir die lewe aan die stuur hê.  Ons het ‘n onvergeetlike reis meegemaak na onder meer Kroasië, die Alsace en ‘n kanaalbootreis in die Burgundy-streek in Frankryk.  Ons sal enige tyd weer saam met hom en Magda ‘n toer na die onbekende aanpak. 


Freddie en Ronel Potgieter, Randburg
‘n Vakansie deur Frankryk se platteland op ‘n kanaalboot – wat ‘n ervaring! Dit was die mees ontspannendste, interaktiewe vakansie wat ons ooit ervaar het. Daar was meer as genoeg tyd om die dorpies per fiets te verken en die winkeltjies per voet te ontdek. Die hoogtepunt kan maar net wees - middagete in Sancerre en ‘n wyntoer in Afrikaans (nogal) - baie besonders! ‘n Defnitiewe moet op enige een se vakansiedroomlys.


Sanette Smuts
Ek was een van die bevoregte reisgenoot saam met Marius en Magda. Eers deur die Toskane en toe per kanaalboot in Frankryk. Herhinneringe wat blywend sal wees vir die res van my lewe. Ek vertrou dat ek  die geleentheid gegun sal word om dit weer mee te kan maak.


Johan en Rina Steggman 
A slow boat holiday on the rivers and canals of France was top of our bucket list for many years.  When we eventually decided to do it in 2013, we made contact with Marius du Plooy Tours and we undertook a week long barge with six friends.  Marius made all the arrangements to perfection. It was a dream holiday. With his vast experience of not only barging, but travelling in general, we could not ask for a better agency.  Apart from frequent trips to Europe, he worked in the Netherlands for a number of years and knows his way around the beautiful Continent.

We recommend Marius du Plooy Tours without any hesitation.

Screen Shot 2021-04-23 at 10.56.54.png

Marius du Plooy
Toerleier:

Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za

- Toerleier van Europese toere en  Franse kanaalbootvaarte
- Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent
- SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere
- Besoeke aan en ervaring van 12 lande

bottom of page