top of page

Mediterreense Turkoois kus
van Turkye

6 – 17 September 2025
Kom ervaar die Middellandse See vir  ʼn onvergeetlike 12 dae van somer, son en see.

Antalya is die poort na Turkye se suidelike Mediterreense streek, bekend as die Turkoois kus, met sy helder-blou water. Antalya spog met natuurskoon, eeue-ou ruïnes en die indrukwekkende Hadrian's Gate.  

 

Ons is vir twee aande in Antanya, voor ons vertrek op ‘n tradisionele Gulet seiljag, waarmee ons vir drie dae tussen eilande en kleurvolle kusdorpies soos KaÅŸ gaan vaar.  Geniet die Mediterreense klimaat ten volle terwyl ons ongerepte baaie besoek om te swem of snorkel, en anker gooi by eilande met ruïnes om te verken.  Of net ontspan op die seiljag, terwyl die Turkoois kus jou betower.  Alle etes is ingesluit op die boot. 

 

Ons laaste aand op die Turkoois kus, is in die lewendige hawestad Fethiye, met ‘n groot mark en baie eetplekke.  Dan is dit noordwaarts na nog ‘n groter hawestad.

Izmir is een van die oudste stede in Turkye, maar deesdae is dit 'n kulturele middelpunt waar elegante moskees en tradisionele basaars staan tussen lanings van palmbome, met antieke Griekse ruïnes wat van die heuwels afkyk.

 

Die laaste twee aande van ons toer is in Istanbul.  Jy het 'n dag en 'n half om die betowerende stad te geniet en om self te verken, voor ons terug vlieg SA toe.

​

​​TOERPROGRAM:

​

6 September

Vertrek uit SA

 

7 September

Land vroegoggend in Istanbul, en vlieg dan met 'n plaaslike vlug na Antalya.

Besoek die bekende waterval en Hadrian’s Gate. Slaap in Antaya.

 

8 September  (Ontbyt ingesluit)

Met ‘n kabelkar op na die kruin van die berg Tünektepe vir ‘n panorama uitsig soos min oor Antalya en die Middelandse see.  Ons besoek ook ‘n mooi strand waar jy kans het om te swem.  Slaap weer in Antaya.

​

9 September  (Ontbyt, middag- en aandete ingesluit)

Vertrek na ontbyt na Demre om aan boord ons Gulet seiljag te klim.  Vertrek uit Demre en besoek die “Sunken City” en Kekova op pad na Gokkaya Baai, waar ons anker gooi vir die aand.

 

10 September  (Ontbyt, middag- en aandete ingesluit)

Vaar vandag na die karaktervolle kusdorp KaÅŸ, met swem kans op pad en genoeg tyd om te gaan rondloop in KaÅŸ.

 

11 September  (Ontbyt, middag- en aandete ingesluit)

Seil van KaÅŸ na St Nicholas Eiland.  Stop op pad in Skoenlapper vallei, met ‘n kans om te gaan swem en te gaan stap deur die vallei.  Die middag kom ons aan in St Nicholas Eiland, met genoeg tyd om na die ruïnes te gaan kyk en ‘n spesiale sonsondergang te beleef.

 

12 September  (Ontbyt en middagete ingesluit)

St Nicholas Eiland na Fethiye, met ‘n laaste middagete aan boord, voor ons aankom in Fethiye.  Dan groet ons die Gulet en gaan stap rond in Fethiye met sy bekende varsproduktemark en lekker eetplekke.  Slaap in Fethiye.

 

13 September  (Ontbyt ingesluit)

Per bus rys ons van Fethiye na Izmir.  Halfdag toer.  Slaap in Izmir.

​

14 September

Izmir na Istanbul.

 

15 September  (Ontbyt ingesluit)

Vrye tyd in Istanbul om self te ontdek.  Opsionele halfdag toer op eie koste.

 

16 September  (Ontbyt ingesluit)

Ontbyt en die res van die oggend en vroegmiddag vrye tyd, totdat ons laatmiddag/vroegaand lughawe toe vir die terugvlug net na middernag.

 

17 September

Aankoms in SA.

 

 

Enkele, sinvolle aanpassings aan die reisprogram is moontlik.

R46 900**

12 dae
6 – 17 September 2025
 

** Koste:

  • R46 900 per persoon in dubbelkamer & -kajuit.

  • R53 900 per persoon in twin. (Op die boot is slegs dubbelbeddens beskikbaar. Mense in twin kry dus elk ‘n eie kajuit, maar deel wel twinkamer met enkelbeddens in hotelle).  â€‹

  • R60 900 per persoon in enkelkajuit en enkelkamer.

​​

Ingesluit:

- Vlugte.

- 3 aande se verblyf op die seiljag, alle etes ingesluit.

- 2 aande se verblyf in Antalya met ontbyt ingesluit.

- 1 aand in Fethiye met ontbyt ingesluit.

- 1 aand in Izmir met ontbyt ingesluit.

- 2 aande se verblyf in Istanbul  met ontbyt ingesluit.

- Begeleide toere deur Antalya en Izmir.

- Plaaslike vervoer tussen  lughawens, hotelle en na die seiljag.

 

‘n Deposito van R6 000 per persoon sal jou plek verseker.

 

​

Screen Shot 2021-04-23 at 10.56.54.png

Marius du Plooy

Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za

bottom of page