top of page

Kersmarkte en Andre Rieu 

Andre Rieu-konsert in Maastricht….. PLUS

Riviervaart-kersfeesmarkte op die Ryn….. PLUS 

Amsterdam en Brussel.  

R57 900**

12 dae

Hierdie toer kan met geen ander vergelyk word nie. Dink net…

Twee nagte in Amsterdam, vier nagte op die luukse Arosa Aqua op die Rynrivier in Duitsland op die Kersfeesmarkte-vaart, twee nagte in Brussel en dan die ongelooflike Andre Rieu-ervaring in Maastricht.  

Dis byna soos ‘n vroeë kersgeskenk aan jouself. 

​

Die twee nagte in Amsterdam waar jy tussen die talle gragte kan rondstap, die stad se bekende bakens raakkuier, maar… jy MOET êrens Poffertjies of ‘n groot, tradisionele Hollandse pannekoek verorber.  

​

Daarna vertrek ons na Cologne in Duitsland vir die Kersfees-marktevaart op die Arosa Aqua, waar daar vasgemeer word en jy die kersfeesmarkte in dorpies en stede in jou eie tyd gaan deursoek -  Ons vaar na plekke plekke soos Cologne, Rűdesheim, Mainz, Frankfurt, Loreley Vallei en Koblenz.

 

Ons boot is lekker luuks en ruim met heerlike, binne-kuiergebied met groot vensters om die omgewing, met ‘n glasie in die hand, in te drink terwyl ons vaar. 

​

Vir twee nagte slaap ons ook vir vrye tyd in Brussel voordat ons Maastricht toe gaan vir die Andre Rieu-ervaring. 

​​

​

Toerprogram:

Datums kan ietwat verander

​

11 Des – Vertrek uit SA na Amsterdam.

12 Des – Aankoms en bus na Hotel in Amsterdam. Ontbyt (op vlug) en aandete.

13 Des – Dag vrye tyd in Amsterdam. Ontbyt.

14 Des – Bus van Amsterdam na Cologne waar boot vertrek. Ontbyt en aandete. 

​

14-18 Des - Kersmarkte-vaart op die Rynrivier: Cologne, Rűdesheim. Mainz, Frankfurt, Loreley Vallei, Koblenz. Alle etes en drinkgoed ingesluit.

Vrye tyd op elke dorp/stad. Opsie om van die boot se betaalekskursies gebruik te maak. 

​

18 Des - Af van boot en bus van Cologne na Brussel Hotel. Ontbyt.

19 Des – Dag vrye tyd in Brussel. Ontbyt. 

20 Des - Bus na Maastricht hotel en aand by Andre Rieu. Ontbyt ingsluit. 

21 Des – Na ontbyt uit Hotel en bus na lughawe in Amsterdam. Vertrek na SA.

22 Des - Land in SA.

​

Koste: R57 900 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R68 900). ​​

​

​

Kyk wat is ingesluit:

- Jou retoervlug

- ALLE vervoer na en van die lughawe en hotelle

- Al jou etes op die boot

- Tussenpeusel op boot

- Alle nie-alkoholiese drinkgoed, asook alle bier & wyn op die boot.

- Twee nagte met bed en ontbyt Amsterdam, ook in Bussel en een in Maastricht

​- Andre Rieu-konsert

 

Opsie: Om op te gradeer na ‘n Juliet-balkonkajuit teen +- R2 900 per persoon

Deposito van R7 000
Let wel dat lugrederye en bote eers     finale pryse verskaf 10 tot 12 maande voor die vertrekdatum. Ons toerpryse is dus gebasseer op die vorige jaar se pryse plus ‘n verwagte verhoging. Dit mag dus aangepas word.
 
11 - 22 Desember 2025 
 
11 - 22 Desember 2025 
 

Marius du Plooy

Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za

Screen Shot 2021-04-23 at 10.56.54.png
bottom of page