top of page

Italië:    
TOSKANE, CINQUE TERRE, ROME, AMALFI, POMPEЇ

7 - 21 Augustus 2025
Ons span die net vir die Toskaanse toer weer wyer! 
 

 

In Florence het jy heelwat vrye tyd en tussenin stap ons saam met ons gids, Vincenzo, deur die oudste dele van die stad met verstommende stories oor die wat waar en hoe. Ons eindig by die Academia-museum waar Dawid reeds baie dekades in sy marmernaaktheid staan en poseer.   Om te dink Michael Angelo was maar 26 jaar oud toe hy in 1501 opdrag ontvang het om die 5.17 meterhoë standbeeld te skep. En as jy wil, gaan kuier jy by Mercato Centrale vir ‘n lekker kos-kuier. Jy kan jou ook by die Leonardo da Vinci Museum gaan verstom aan sy ontwerpe en uitvindsels wat sy tyd eeue vooruitgeloop het… 

 

Daarna nog ‘n hoogtepunt – Twee dae in Cinque Terre, wat deur baie beskou word as een van die mees besondere en skilderagtige gebiede van Italië…met sy vyf (cinque) kleurvolle dorpies wat soos swaeltjieneste bo die see hang…    

 

Daarna gaan pak ons vir vier dae tasse uit in die pragtige San Gimignano. Van daar af besoek ons elke dag ‘n heuweldorpie of twee en geniet ‘n skitterende halfdag Italiaanse kook-ervaring op die wynlandgoed, Guardastelle. By die skilderagtige Montefiorale gaan ons wyn proe voordat ons, soos byna elke aand in San Gimignano, op die plein op die put se trappies gaan sit en ‘n egte Gelato verorber…en miskien is daar weer vanaand ‘n straatmusikant wat hom of haar op die plein tuismaak.

 

Op pad na Napels een dag vrye tyd in Rome. Ons bly twee nagte in Napels en besoek die geskiedkundige rampgebied van Pompeї. Ons bus neem jou tot in die omgewing van die unieke Amalfi- en Positano-gebied waar jy in eie tyd gebruik kan maak van openbare vervoer.

 

Maar om alles wat voorlê te probeer beskryf is ‘n onbegonne taak…. Want hoe beskryf mens die lekkerste kuier, lekker eet en drinkgoed, die emosionele gevoel van iets wat jy vir altyd probeer vasvang, en nuwe ervarings wat spruit uit eeue-oue geboue en gebeure?

 

Ons sien jou in Italië.

Marius du Plooy
Toerleier:

Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za

Screen Shot 2021-04-23 at 10.56.54.png

- Toerleier van Europese toere en  Franse kanaalbootvaarte
- Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent
- SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere
- Besoeke aan en ervaring van 23 lande

R53 900**

15 dae
7 - 21 Augustus 2025
 

Koste: R53 900 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R59 250)

Ingesluit: Vlug, verblyf, alle ontbyte en ses ander etes, busvervoer, Italiaanse kookkursus en toegang tot die Toring van Pisa en Academia-museum.

 

Sodra jy die toervoorwaardes aanvaar het, betaal die deposito van R6 000 per persoon in om jou plek te verseker.

Ons Italiaanse dagprogram kortliks

7 Aug: Vertrek uit SA

8 Aug:
Aankoms Bologna en bus na Florence.  Na hotel vir afpak en rondloop. Aandete saam. Slaap in Florence, Hotel Diplomat

9 Aug: Staptoer in Florence & Academia-museum.  Middag – eie tyd. Slaap Florence. 

10 Aug: Dag vrye tyd en slaap in Florence

11 Aug: Vertrek na Cinque Terre.  Besoek eerste van die 5 dorpies die middag per trein.  
Slaap La Spezia

12 Aug: Cinque Terre vrye tyd en slaap La Spezia

13 Aug: Vertrek via Lucca en Pisa na San Gimignano vir die volgende 4 nagte. Aandete saam

14 Aug: Oggendmark San Gimignano in eie tyd.  Middag/aand Kookkursus & Aandete by Guardastelle wynlandgoed. Slaap San Gimignano. 

15 Aug: Besoek Monteriggione & Siena. Slaap San Gimignano. 

16 Aug: Besoek Chianti-wyngebied, Greve in Chianti, en Wynproe met ligte middagete Montefioralle. Laaste aandete saam in San Gimignano

17 Aug: Vertrek na Rome vir ‘n middag, aand en volgende oggend vrye tyd

18 Aug: Vertrek na Napels. Slaap in Napels

19 Aug: Bus tot in die omgewing van Amalfi en Positano, waar jy verder in eie tyd en met openbare vervoer rondbeweeg. Aan
dete saam. Slaap Napels.

20 Aug: Besoek die geskiedkundige Pompeї voordat ons terugvlieg na SA.

 
21 Aug: Land in SA

Enkele, sinvolle aanpassings aan die reisprogram is moontlik.

Deposito van R6 000
Let wel dat lugrederye en bote eers     finale pryse verskaf 10 tot 12 maande voor die vertrekdatum. Ons toerpryse is dus gebasseer op die vorige jaar se pryse plus ‘n verwagte verhoging. Dit mag dus aangepas word.
 
bottom of page