top of page

Franse

 
Plattelandse Treintoer
 
 
13 - 25 Junie 2024
 
Reis per trein van Parys deur Dijon, Lyon, Annecy en arriveer in Avignon in Provence aan die begin van die lavender-seisoen.

Met hierdie vrye teuels treintoer gaan ons Frankryk verken, van noord na suid.  Dis ’n toer wat baie vrye tyd gaan bied, om self te ontdek, teen jou die tempo.

 

Ons land in Parys en slaap dan in die bekende Franse hoofstad vir twee aande.  Daar is genoeg tyd om die stad plat te loop, van die Eiffel Toring oor die Sein rivier tot by die Arc te Triomphe en dan al die pad af met die Champs Elysees tot by die Louvre.

 

Dan ry ons per trein na Dijon - die hoofdstad van die Burgundy streek is bekend vir hulle wyn en mostert.  Ons sal beslis moet mostert proe en bietjie meer daaroor leer.  Daar is ook kans om die Uil Roete te stap deur Dijon se ou stad.    

    

Na twee aande in Dijon, vertrek die trein na Lyon - die hoofdstad van die Rhone-Alpes streek.  Lyon is waar die Rhône- en Saône-riviere bymekaarkom, en dis ’n stad wat baie bekend is vir hulle lekker kos.

Ons is vir drie aande in Lyon en gaan ook ’n daguitstappie maak na die pragtige Annecy, op die oewer van die Annecy meer.  Met kobbelstrate, kronkelende kanale en pastelkleurige huise.

 

Dan vertrek ons na Avignon in Provence langs die Rhônerivier.  As die weer saamwerk, dan arriveer ons in Provence vir die begin van die lavender-seisoen.  Ons sal dan ook ’n dagtoer doen om die bekende laventel-velde te gaan beleef en besoek ook 'n lavender distilleerdery.  

R53 500

13 - 25 Junie 2024 
 
Deposito van R6 000
13 dae

Koste: R53 500 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R61 950)

Ingesluit:  Retoer vlugte, alle verblyf in hotelle, vervoer tussen stede (trein of bus), laventel dagtoer in Avignon, mostert-toer, wynproe, alle ontbyte en twee aandetes.

 

Toerprogram:

13 Junie    

Vertrek uit Kaapstad.

14 Junie    

Land in Parys.  Aandete saam.  Slaap in Parys.

15 Junie    

Dag vry om Parys te verken.   Slaap in Parys. 

16 Junie    

Vertrek met die trein na Dijon.  Slaap in Dijon.   

17 Junie    

Dag vry in Dijon.  

Kans om die Uil Roete te stap deur Dijon.    

Slaap in Dijon.  

18 Junie    

Trein na Lyon.  Slaap in Lyon.              

19 Junie    

Daguitstappie na Annecy.  Slaap in Lyon.        

20 Junie    

Vrye tyd in Lyon.   Slaap in Lyon.                  

21 Junie    

Vertrek per trein na Avignon.

Slaap in Avignon.

22 Junie    

Laventel-toer in Provence.  Slaap in Avignon. 

23 Junie    

Vrye tyd in Avignon.   Aandete saam.      

Slaap in Avignon.     

24 Junie    

Trein na Lyon vir vlug terug na SA.

25 Junie    

Land in Johannesburg.

Enkele sinvolle aanpassings kan gemaak word aan die toerprogram.

Marius du Plooy
Toerleier:

Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za

- Toerleier van Europese toere en  Franse kanaalbootvaarte
- Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent
- SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere
- Besoeke aan en ervaring van 12 lande

Screen Shot 2021-04-23 at 10.56.54.png

Ons gewilde toere en vakansies:

bottom of page