top of page

Budapest, Donau riviervaart & Praag

20 - 31 Oktober 2025
 

Wenen, Budapest, Bratislava & Praag

R55 400**

12 dae

Let wel dat lugrederye en bote eers finale pryse verskaf 10 tot 12 maande voor die vertrekdatum. Ons toerpryse is dus gebasseer op die vorige jaar se pryse plus ‘n verwagte verhoging. Dit mag dus aangepas word.

20 - 31 Oktober 2025
 

Kom vaar saam op ‘n rivierboot op die verruklike Donaurivier - deur Oostenryk, Slowakye en Hongarye. Ervaar ‘n stukkie van Oos- en Sentraal Europa op ‘n bederfmanier, en sluit die toer af met 2 nagte in Praag. 

 

Die groot bederf begin in Oostenryk, waar ons op ‘n 120 meterlange spog-rivierboot op die Donau-rivier klim en verder niks hoef te doen nie - behalwe om alles net te geniet… terwyl die rivierboot deur die mooiste gebiede vaar. Elke dag kry jy kans om af te klim om van die mooiste stede in jou eie tyd te gaan bewonder: Onder meer Wene(n) in Oostenryk en  Bratislawa in Slowakye.

Die toer begin waar ons twee nagte in Budapest (Hongarye.) in ‘n hotel slaap. Daarna 5 nagte op een van AROSA se spogbote en daarna in ‘n hotel in Praag vir nog twee nagte.    

 

Alles op die boot is ingesluit - selfs al jou drinkgoed. 
 

Maar dis nie waar die bederf ophou nie. Tydens elke vasmeer kan jy in jou eie tyd die stad en omgewing gaan verken. Jy ontvang vooraf ‘n dokument van sien- en doendinge in elke stad. Jy het ook die opsie om op eie koste by een van die talle toere aan te sluit, soos fietstoere, staptoere, gidstoere (stad, museums, ens) en nagtoere. Gedurende die vaart kan jy op die dek sit met ‘n panoramiese uitsig oor die omgewing, terwyl ons verby die mooiste mooi vaar. 

Die voordeel is dat jy op die boot een keer jou tas uitpak en in die luuksheid van jou ruim kajuit.

 

Verder is die eerste twee 2 nagte in Budapest en laaste 2 nagte in Praag kans om daai stede se mooi en lekkertes in jou eie tyd te verken.

Marius du Plooy
:Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za

Screen Shot 2021-04-23 at 10.56.54.png

- Toerleier van Europese toere en  Franse kanaalbootvaarte
- Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent
- SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere
- Besoeke aan en ervaring van 23 lande

Deposito van R7 000

Koste: R55 400 per persoon wat deel.

(Enkelkamerprys – SLEGS DUBBEL- EN TWINKAJUITE NOG BESKIKBAAR)

​

Opsie: Jy kan opgradeer na ‘n kajuit met ‘n balkon teen +- R5 500 per persoon ekstra

​

Deposito is R7 000 per persoon

​​
Kyk wat is ALLES ingesluit:

  • Jou retoervlug

  • ALLE vervoer na en van die lughawe na, hotelle en die boot

  • Al jou etes en tussenpeusel op die boot

  • Die meeste alkoholiese en ander drinkgoed op die boot

  • Twee nagte met bed, ontbyt en een aandete in Praag-hotel

  • Twee nagte met bed, ontbyt en een aandete in Budapest 

​

​Toerprogram:

Die program kan ietwat aangepas word.

 

20 Oktober: Vlieg uit SA na Budapest

​​

21 Oktober: Aankoms in Budapest vir twee nagte se eie tyd-ervaring. Aandete ingesluit.  

 

22 Oktober: Ontbyt en dag vrye tyd in Budapest. 

 

23 Oktober: Na ontbyt neem ons bus ons na Passau in Duitsland waar ons laatmiddag vertrek op ons AROSA boot op die Donaurivier - ‘n bederf-avontuur soos min.

​​

24 Oktober: Vaar deur die Wachau-vallei en meer vas in Wenen, Oostenryk om op jou eie te gaan “explore”, of een van die boot se betaaltoere mee te maak.

​​

25 Oktober: Uit Wenen vaar en meer vas in Bratislawa.in Slowakeie. Vaar die strate in en gaan maak “memories”. Hierdie stad wat dateer uit 907 na Christus is nog ‘n moet-gaan-rondloop-en-geniet-stad. Bratislava is deur baie oor eeue beskryf as die jonger suster van Praag 

​​

26 Oktober: Ons meer vas in Krems vir ‘n vinnige stop en vaar weer deur die Wachau en tot in Melk in Oostenryk. 

​​

27 Oktober: Meer vas in die pragtige Linz – die hoofstad van Upper Austria en die derde grootste stad in Oostenryk. Linz is geleë ver Noord in Oostenryk en net 30 km vanaf die grens met die Tjeggiese Republiek. 

 

28 Oktober: Ons is terug in Passau in Duitsland en vertrek met ons bus Praag toe, waar ons vroegmiddag by ons hotel sal wees – lekker sentraal. Die res van die dag en aand is vrye tyd en doen wat vir jou lekker klink en lyk. 

 

29 Oktober: Na ontbyt steeds vrye tyd om herinneringe te versamel. Vanaand is dit ons afsluitings-ete.  

​​

30 Oktober: Vrye tyd in Praag en ons vlug uit Praag na SA. 

​

31 Oktober: Aankoms SA

​

bottom of page