Brasilië 2025
Kom saam op ‘n Suid-Amerikaanse avontuur!
São Paulo, Rio de Janeiro en die Iguazu watervalle.
Geen visum is nodig vir Brasilië nie!
6 - 18 November 2025
Toerprogram
Dag 1: Vertrek uit Johannesburg
Dag 2: Aankoms in Sao Paulo
Vervoer vanaf die lughawe na ons hotel in Sao Paulo.
Welkom in Sao Paulo! As die grootste stad in Brasilië, is Sao Paulo 'n bedrywige metropool wat bekend is vir sy ryk kulturele toneel, lewendige naglewe en diverse kookkuns. Nadat jy by Guarulhos Internasionale Lughawe aangekom het - hotel toe om te ontspan en voor te berei vir dit wat voorlê in die komende dae.
Dag 3: Ontdek Sao Paulo
Vandag se hoogtepunte:
-
Verken die Museu do lpiranga, een van Brasilië se mees ikoniese museums. Leer meer oor Brasilië se onafhanklikheid en geniet die nabygeleë park.
-
Besoek die bekende Beco do Batman, 'n opelug straatkunsgalery in Vila Madalena. bewonder die kleurvolle graffiti en neem fotos.
-
Stap deur die Liberdade-woonbuurt met sy Japannese-invloed. Besoek temawinkels, verken die mark en probeer tradisionele versnaperinge soos gyoza of takoyaki.
-
Samba klas. Neem deel aan 'n karaktervolle samba-dansklas.
-
Vanaand verken ons Vila Madalena, die boheemse woonbuurt, besoek galerye, geniet die polsende atmosfeer en kyk na die bekende Beco do Batman.
Dag 4: Sao Paulo na Paraty.
Reis na Paraty, 'n pragtig-bewaarde koloniale dorp wat bekend is vir sy historiese sjarme en natuurskoon. Die 5 uut-lange rit neem ons deur skilderagtige landskappe voordat ons in Paraty aankom. Die res van die dag is joune om die oulike straatjies te verken of in die rustige omgewing te ontspan.
Dag 5: Vrye-tyd in Paraty.
Paraty is bekend vir sy bekoorlike koloniale argitektuur, kobbelstrate en asemrowende kus-uitsigte. Gebruik jou vrye dag om die plaaslike winkels te ontdek, die strande te geniet of net rond te loop.
• Begin jou dag in die Historiese Sentrum: dwaal deur die kobbelstrate en bewonder die goed-bewaarde koloniale argitektuur.
• Besoek die Kerk van Santa Rita: Hierdie 18de-eeuse kerk is een van die mees ikoniese geboue in Paraty.
• Stop by die Casa da Cultura: Leer oor die plaaslike geskiedenis, kultuur en kuns deur verskeie uitstallings.
Dag 6: Paraty na Angra dos Reis
'n Rit van net minder as 2 ure neem ons tot in Angra dos Reis met 'n kusparadys wat bekend is vir sy turkoois water en welige eilande. Nadat ons by die hotel aankom, het jy tyd om te ontspan voor aandete.
Dag 7: Bootreis in Angra dos Reis
Seil op 'n bootrit deur die kristalhelder water van Angra dos Reis, waar ons verby afgesonderde strande en pragtige eilande vaar. Hier het jy kans vir swem, snorkel, en om die asemrowende natuurskoon in te neem. Dan keer ons terug hotel vir 'n heerlike aandete.
Dag 8: Angra dos Reis na Rio de Janeiro
Rio - 'n stad wat bekend is vir sy dramatiese landskap en lewendige kultuur. Na aankoms, gaan ons eers hotel toe, en geniet dan die aand in die Lapa-woonbuurt, bekend vir sy lewendige naglewe en historiese argitektuur.
Dag 9: Ontdek Rio de Janeiro
Ervaar die ikoniese besienswaardighede van Rio op 'n stadtoer:
-
Corcovadoberg: Besoek die Christus die Verlosser-standbeeld, een van die Nuwe Sewe Wonders van die Wêreld. Van hierdie uitkykpunt af het jy panoramiese uitsigte oor die stad, strande en die omliggende berge.
-
Sugarloaf Mountain: Ons neem 'n kabelkarrit na die kruin van die berg vir ‘n skouspelagtige uitsig oor Rio se kuslyn en die bedrywige stad daaronder. Dit bied natuurlik asemrowende fotogeleenthede en 'n onvergeetlike ervaring van Rio se natuurlike skoonheid.
Dag 10: Rio de Janeiro – Vrye tyd vir self ontdek.
Vandag kan jy Rio de Janeiro vêrder ontdek op jou eie tyd. Hier is 'n paar opsies om te oorweeg - Ons stel voor dat jy Rio de Janeiro se Museum van Môre besoek - 'n futuristiese landmerk deur argitek Santiago Calatrava. Hierdie interaktiewe wetenskap-sentrum, geleë in die Porto Maravilha-omgewing, verken temas soos klimaatsverandering, biodiversiteit en tegnologie deur middel van meeslepende uitstallings. Geniet asemrowende uitsigte oor Guanabarabaai en die Olimpiese Boulevard - 'n moet-sien-bestemming.
Dag 11: Rio de Janeiro na Foz do lguazu
Vlieg na Foz do lguazu en dan hotel toe.
Dag 12: Foz do lguazu
Foz do lguazu-avonture Ontdek die ongelooflike lguazu-watervalle, 'n uitgestrekte netwerk van watervalle op die grens tussen Brasilië en Argentinië. Stap langs verskeie uitkykplatforms om die donderende watervalle van naby te ervaar. Besoek ook die Parque dos Aves, 'n unieke beskermingsgebied naby lgua9u Falls, Brasilië, die tuiste van meer as 1 300 voëls van 130 spesies, insluitend toekans, macaws en flaminke. Besoekers kan deur groot voëlhokke stap, om die voëls van naby af tebekyk en meer oor bewaring leer
Dag 13: Sao Paolo
Ons vlieg terug na Sao Paulo en vandaar af terug na Suid Afrika.
Dag 14: Arriveer in Johannesburg
R56 400
6 - 18 November 2025
Koste: R56 400 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R65 700)
GEEN Visumkostes nie!
Ingesluit:
-
Internasionale vlugte van Johannesburg af
-
2 plaaslike vlugte in Brasilië
-
Plaaslike vervoer
-
Plaaslike toergids
-
Suid Afrikaanse toerleier
-
11 aande se verblyf
-
Toegangsfooie, soos aangedui op toerprogram
-
Samba-dansklas in São Paulo
-
Boot toer met 'n Braziliaanse braai
-
Ontbyt daagliks
-
Nog 2 ander aandetes
Toerprogram:
Dag 1: Vertrek uit Johannesburg
Dag 2: Aankoms in Sao Paulo
Dag 3: Ontdek Sao Paulo
Dag 4: Sao Paulo na Paraty
Dag 5: Vrye-tyd in Paraty
Dag 6: Paraty na Angra dos Reis
Dag 7: Bootreis in Angra dos Reis
Dag 8: Angra dos Reis na Rio de Janeiro
Dag 9: Ontdek Rio de Janeiro
Dag 10: Rio de Janeiro – Vrye tyd vir self ontdek.
Dag 11: Rio de Janeiro na Foz do lguazu
Dag 12: Foz do lguazu
Dag 13: Sao Paolo
Dag 14: Arriveer in Johannesburg
Enkele, sinvolle aanpassings aan die reisprogram is moontlik.
Deposito van R6 000
14 dae
Samba in São Paulo en voel die ritme van Rio de Janeiro.
Saam met die bekende Brasiliaanse stede, besoek ons ook Paraty - ‘n kusdorp propvol Portugese koloniale karakter, met ou kerke en kobbelsteen-paadjies. Dis omring deur digte woude en watervalle, met ‘n uitsig oor eilande in die smarag-groen see.
Ons spandeer ook ‘n paar dae tussen die betowerende eilande van Angra dos Reis.
En dan ‘n groot “bucket list” bestemming – die skouspelagtige Iguazu watervalle op die grens van Brasilië en Argeninië.