Vrye teuels
ā
Argentinië
Met maksimum selfontdektyd
16 – 28 September 2020
(Skoolvakansie)
Geen Visum Nodig nie
Kom ervaar die egte energie van Suid-Amerika
R38 855
13
dae
16–28 September 2020
Argentinië:
ā
Beslis Suid-Amerika se “makste” land, maar oorloopvol van die energie & vriendelikheid van hierdie kontinent. Argentinië is ook skatryk aan geskiedenis & argitektuur, met die Spaanse taal, kultuur en leefstyl van die mense van Suid-Amerika. Veral Buenos Aires lyk dalk soos ‘n Europese stad, maar daar is ‘n warmte tussen die mense wat baie anders is as Europa. En natuurlik het Argentinië ‘n absoluut eiesoortige Suid-Amerikaanse leeftempo.
Ons fokusstede is Buenos Aires en Mendoza, met die vryheid om te doen en te gaan waar jy wil, tussen die paar vaste besoeke op ons toerprogram.
Daar is so baie om te sien & doen in Buenos Aires en ‘n groot verskeidenheid van daguitstappies. Ons sal vir 8 dae gebaseer wees in die kleurvolle stad.
Ons het een aand ‘n aandete met ‘n tipies-Argentynse tango-vertoning. Ons kom ook uit die stad uit, om een van hulle groot bees-plase, of estancias te besoek. Die Argentyne is oor-bekend vir hulle beesvleis. Daarom het ons ‘n eg-tradisionele Argentynse braai (asado) ingesluit, terwyl ons vermaak word met plaaslike musiek & dans. Terselfdertyd ervaar ons ook die vernuftigheid van hulle “cowboys” (die gauchos).
Een van die opsionele daguitstappies wat sterk aanbeveel kan word, is die Tigre Delta – een van die wêreld se grootste en die enigste groot delta wat nie in die see uitmond nie. Dit vloei uit in die Río de la Plata, tussen Argentinië en Uruguay. Dis ‘n wonderlike, boheemse gevoel tussen die klein sytakkies van die rivier, waar mense woon en lewe.
Nog ‘n opsionele daguitstappie is om Montevideo te besoek, in Uruguay. ‘n Karaktervolle ou stad, wat lyk of dit stil gestaan het in tyd.
Daarna vlieg ons na Mendoza - een van die bekendste wynstreke ter wêreld, met meer as 1500 wynlandgoede - veral bekend vir hulle Malbec wyne. Ons is vir 3 dae gebaseer in Mendoza, aan die voete van die reuse Andes- gebergtes.
Hierdie toer is ‘n loshande en selfontdek-avontuur om die wêreld op jou eie manier raak te kuier en om elke stad se ongelooflikhede in jou eie tyd te verken.
Die toer is ontwerp met die vryheid vir elkeen se eie voorkeure en belangstellings. (Jy betaal dus nie ekstra vir ander mense se belangstellings nie.)
Ons verskaf vir jou inligting van die belangrikste en lekkerste dinge om in elke stad te sien en te doen.
As jy jou toer wil verleng, kan jy na die tyd wegbreek. Ons pas dan net jou terugvlug daarvolgens aan.
ā
ā
Skakel my by 083 787 1234 of stuur ‘n e-pos aan marius@fundipro.co.za
Marius du Plooy, Toerleier * Toerleier van Europese toere en Franse kanaalbootvaarte * Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent * SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere * Besoeke aan en ervaring van 12 lande
Koste: R38 855 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R43 980)
ā
Ingesluit: 4-ster hotelverblyf, alle vlugte, ontbyte en 2 ander etes. Bonus: ‘n Bustoer in Buenos Aires, ‘n Tango-vertoning, Estancia-besoek en 'n wyntoer in Mendoza.
Uitgesluit: Ander middag- en aandetes, besoeke en toegang.
ā
ā
R5000 per persoon deposito is betaalbaar om jou plek te verseker.
Bankrekening:
Marius du Plooy Toere, Absa tjek, rekening 4059839026, Takkode 632005.
Jou VAN is die verwysing. Stuur die bewys van betaling aan marius@fundipro.co.za
Jou betaling verseker jou plek en bevestig aanvaarding van die toervoorwaardes.
ā
Toerprogram:
ā
16 Sept
Vertrek die oggend uit SA en arriveer dieselfde dag in Buenos Aires
ā
17 Sept
Selfontdektyd en slaap in Buenos Aires
ā
18 Sept
Estancia dagbesoek. Op- & aflaai by hotel
Slaap in Buenos Aires
ā
19 Sept
Selfontdektyd en slaap in Buenos Aires
ā
20 Sept
Selfontdektyd en slaap in Buenos Aires
ā
21 Sept
Selfontdektyd tydens die dag
Tangovertoning & aandete
Slaap in Buenos Aires
ā
22 Sept
Selfontdektyd en slaap in Buenos Aires
ā
23 Sept
Selfontdektyd en slaap in Buenos Aires
ā
24 Sept
Vlieg na en slaap in Mendoza
25 Sept
ā
Selfontdektyd en slaap in Mendoza
26 Sept
ā
Selfontdektyd en slaap in Mendoza
27 Sept
ā
Vlieg via Buenos Aires terug na Suid-Afrika
ā
28 Sept
Aankoms in Suid-Afrika
ā