top of page

Italië:    
Amalfi, Pompeii, Toskane en Cinque Terre

8 - 21 Augustus 2024      
 

 

Ons vlieg tot in Bologna en per bus na ons hotel in Florence.

 

In Florence stap ons saam met ons gids, Vincenzo, deur die oudste dele van die stad met verstommende stories oor die wat waar en hoe. Ons eindig by die Academia-museum waar Dawid reeds baie dekades in sy marmernaaktheid staan en poseer.   Om te dink Michael Angelo was maar 26 jaar oud toe hy in 1501 opdrag ontvang het om die 5.17 meterhoë standbeeld te skep. Daar is meer as genoeg vrye tyd om te doen wat jy graag wil. 

 

Dan nog ‘n hoogtepunt – Twee dae in die ongelooflik-mooie Cinque Terre, wat deur baie beskou word as een van die mees besondere en skilderagtige gebiede van Italië…met sy vyf (cinque) kleurvolle dorpies wat soos swaeltjieneste bo die see hang…    

 

Na Cinque Terre besoek ons Lucca en Pisa en pak dan ons tasse vir 4 dae uit in die pragtige San Gimignano. Van daar af besoek ons elke dag ‘n heuweldorpie of twee en geniet ‘n halfdag Italiaanse kook-ervaring op die wynlandgoed, Guardastelle. By die skilderagtige Montefiorale gaan ons wyn proe voordat ons dalk, soos byna elke aand in San Gimignano, op die plein se put-trappies gaan sit en ‘n egte Gelato verorber. 

En net miskien, is daar vanaand weer een van daai straatmusikante wat spesiale klankkleur gee aan die eeue-oue, grysbruin geboue van San Gimignano. 

 

Oppad na Napels stop ons vir ‘n paar uur se vrye tyd in Rome. Die volgende dae besoek ook die geskiedkundige rampgebied van Pompeii, die unieke Amalfi-omgewing en Positano.

 

Maar om alles wat voorlê te probeer beskryf is ‘n onbegonne taak…. Want hoe beskryf mens die lekkerste lekker eet- en drinkgoed, die emosionele gevoel van iets wat jy vir altyd en altyd wil vasvang, nuwe ervarings wat spruit uit nuwe vriendskappe, eeue-oue geboue en gebeure…?

 

Ons sien jou in Italië.

Marius du Plooy
Toerleier:

Skakel my by:
Cell: 083 787 1234
E-pos: marius@fundipro.co.za

Screen Shot 2021-04-23 at 10.56.54.png

- Toerleier van Europese toere en  Franse kanaalbootvaarte
- Twee jaar in Europa gebly as SABC-korrespondent
- SABC-toerleier van drie Atties jeugtoere
- Besoeke aan en ervaring van 23 lande

R52 625

14 dae
8 - 21 Augustus 2024
 

Koste: R52 625 per persoon wat deel. (Enkelkamerprys – R57 955)

Ingesluit: Vlug, verblyf, alle ontbyte en ses ander etes, busvervoer, Italiaanse kookkursus en toegang tot die Toring van Pisa en Academia-museum.

 

Sodra jy die toervoorwaardes aanvaar het, betaal die deposito van R6 000 per persoon in om jou plek te verseker.

Ons Italiaanse dagprogram kortliks

8 Aug 2024

Vlieg uit Kaapstad na Bologna 

Aug

Aankoms Bologna & vertrek na Florence, Hotel Diplomat. Aandete ingesluit.

10 Aug

Florence staptog en middag vrye tyd. Ontbyt ingesluit.

11 Aug

Florence vrye tyd. Ontbyt ingesluit.

12 Aug

Vertrek na La Spezia Hotel Firenze Continentale & eerste besoek aan Cinque Terre per trein in eie tyd. Ontbyt ingesluit.

13 Aug

Dag vrye tyd in Cinque Terre en Slaap La Spezia. Ontbyt ingesluit.

14 Aug

Via Pisa en Lucca na San Gimignano, Hotel Cisterna. Ontbyt en aandete ingesluit.

15 Aug

San Gimignano oggendmark en Kookklas. Ontbyt en aandete ingesluit.

16 Aug

Besoek Sienna met middag vrye tyd en slaap in San Gimignano. Ontbyt ingesluit.

17 Aug

Besoek Chianti wyngebied: Greve in Chianti met besondere wynproe.. Slaap San Gimignano. Ontbyt en aandete ingesluit.

18 Aug

Vertrek via Rome na en slaap in Napels. Ontbyt ingesluit. 

19 Aug

Besoek Amalfi & Positano. Slaap Napels. Ontbyt ingesluit. 

20 Aug

Verlaat hotel en besoek Pompeii

Dan Napels-lughawe toe vir ons terugvlug na SA. Ontbyt ingesluit. 

21 Aug

Aankoms in Kaapstad

Enkele, sinvolle aanpassings aan die reisprogram is moontlik.

Deposito van R6 000
bottom of page